Koekedoor….. wat ‘n belewenis
Die laaste persoon om die Koekedoor-stoor te verlaat voor die groot finaal. Gerda Swanepoel vertel oor haar koekedoor-ondervinding en hoe sy voel om derde te eindig.

Gerda se tydjie in die stoor is verby, aanhangers het gisteraand vasgenael voor die kassie gesit en kyk hoe ‘n eier haar pad na die finaal gekelder het.
Uit die drie uitdagings wat aan die deelnemers gestel is, is Gerda nie met een vertroud nie, maar sy het ‘n dapper-front opgesit en deurgedruk.
Hoewel die beoordeellaars beïndruk was met haar Roulade, was dit nie genoeg om haar plek in die finaal te verseker nie.
Gerda is baie dankbaar vir die geleentheid wat sy gegun is om aan die kompetisie deel te neem en sê dat sy vreeslik baie geleer het en trots is op haar derdeplek.
Sy wil ook graag almal bedank wat haar ondersteun het, en wens die twee finaliste sterke toe in die eindstryd.
Die Hoëvelder het na Gerda se uitgang met haar gaan gesels, volg die vidoe-skakel vir die onderhoud met Gerda.



