Tuinbou en Tossels besoek Mooihawens
Gewapen met komberse, klere, kos, babadoeke, speelgoed en lekkers vir die kinders asook sop en broodjies, het die vroue heerlik saam met die mense van Mooihawens gekuier.
Lede van die Ermelo Tuinbouklub, Tuinbou en Tossels, het verlede Woensdag uitgereik na Mooihawens, waar Hein en Marieta Mentz verblyf aan 20 huisgesinne verskaf.
Gewapen met komberse, klere, kos, babadoeke, speelgoed en lekkers vir die kinders asook sop en broodjies, het die vroue heerlik saam met die mense van Mooihawens gekuier.
Estelle Vermaak, voorsitter van die tuinbouklub, het ’n positiewe praatjie, “Almal val, maar dis hoe jy opstaan wat die verskil maak” gelewer en
Marieta Mentz het meer oor die geskiedenis van Mooihawens met die aanwesiges gedeel.
Die tuinbouklub sal weens die skoolvakansie nie in Julie vergader nie. Die volgende vergadering vind op 19 Augustus plaas.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590