Local newsNews

Ongeluk eis skoolseun, vriend ernstig beseer

Die twee seuns was hegte vriende.

’n Graad 11-leerling van Ligbron Akademie vir Tegnologie is dood en sy vriend, ook ’n leerder van dié skool, is ernstig beseer toe die motorfiets waarop hulle gery het Sondagmiddag in ’n botsing met ‘n voertuig betrokke was.

Die ongeluk het omstreeks 15:00 in Ermelo se hoofstraat plaasgevind.

Stiaan Schoeman (17) is op die toneel dood.

Armand Helmuth (17) is met veelvuldige beserings na die Ermelo Provinsiale Hospitaal vervoer.

Hy is Maandagoggend 04:00 na ’n hospitaal op Witbank oorgeplaas en is in ’n bedenklike toestand.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag, asook roekelose en nalatige bestuur.

 

Boesemvriende. Armand Helmuth (links) is ernstig beseer in die ongeluk. Stiaan Schoeman (regs) is op die toneel dood.
Boesemvriende. Armand Helmuth (links) is ernstig beseer in die ongeluk. Stiaan Schoeman (regs) is op die toneel dood.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button