Riool vloei in skoolterrein in
Munisipaliteit bied onvoorwaardelike verskoning aan vir enige ongerief wat die betrokkenes moes verduur.

Riool het weke lank uit ‘n gat in Laerskool JJ van der Merwe se skoolterrein ingevloei.
Personeel van die aangrensende preprimêre skool het verskeie kere die probleem by die munisipaliteit aangemeld sonder dat aandag aan die probleem gegee is.
Die reuk voor die preprimêre skool se klaskamers was ondraaglik en mens kon duidelik hoor hoe die riool in die stormwaterpyp vloei.
Die Hoëvelder het navraag oor die aangeleentheid by die munisipaliteit gedoen en Dinsdag terugvoering ontvang dat ‘n span besig was om die fout te herstel.
Munisipale woordvoerder mnr. Mandla Zwane het gesê die werk is vertraag omdat die span eers ‘n lekkasie in Wesstraat moes herstel.
Hy het die munisipaliteit se onvoorwaardelike verskoning aangebied vir enige ongerief wat die betrokkenes moes verduur.