Local newsNews

Groot makietie op die plaas

Dit is voorwaar vir weinige egpare beskore om op een naweek hul 67ste huweliksherdenking, die "bruidegom" se 90ste en die "bruid" se 89ste verjaarsdag te vier.

Dit is voorwaar vir weinige egpare beskore om op een naweek hul 67ste huweliksherdenking, die “bruidegom” se 90ste en die “bruid” se 89ste verjaarsdag te vier.

Dié merkwaardige mylpaal is die afgelope naweek deur Awie en Lena de Jager, bekende en beminde lewenslange inwoners van Hendrina, gevier.

Dit was beslis rede vir ’n gesellige gesinsfees wat by Meyer en Elsie de Jager op die plaas Vrischgewaagd gehou is.

Oom Awie en tannie Lena het diep spore in die gemeenskapslewe van Hendrina getrap, hy as suksesvolle boer wat met sy kenmerkende vrolike lag menige vendusies opgekikker het, en sy as ondersteunende raakvatboervrou, ma, ouma en oumagrootjie.

Die egpaar se vier kinders met hul eggenotes, 12 kleinkinders en agt agterkleinkinders het van oor die hele land gekom om saam te kuier.

Kenmerkend was die dankbaarheid teenoor die Here vir soveel genade deur soveel jare, asook die warm gesinsliefde wat die oggend oorheers het.

Oom Awie het sy lewe só opgesom: “Die beste besluit wat ek ooit in my lewe geneem het, was om met Lena te trou.”

Al die kinders, familie en vriende wens hulle seën op hul lewenspad toe.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button