NewsSport

Dié vlieëniers kán navigeer

Samewerking tussen vlieëniers en navigatiors was dus van uiterste belang.

Ermelo Lugvaartvereniging het die afgelope Saterdag ‘n opwindende taktiese navigasiekompetisie by die Ermelo-vliegveld aangebied waaraan plaaslike sowel as besoekende vlieëniers en navigators deelgeneem het.

Deelnemers is die taak opgelê om die voorafbepaalde roete te vlieg volgens die enjinkapasiteit en vermoëns van hul onderskeie vliegtuie en sekere bakens en landmerke vanuit die lug te identifiseer wat volgens ‘n streng tydskedule aangeteken moes word.

‘n Kaart en GPS-koördinate van uitgesoekte bakens is aan navigators verskaf en berekenings moes gemaak word sodat die vlieëniers kon poog om die roetes tot op die sekonde te volg.

Samewerking tussen vlieëniers en navigatiors was dus van uiterste belang.

Daarna moes die vlieëniers binne ‘n bepaalde tydbestek terugkeer en op ‘n gemerkte gebied op die aanloopbaan neerstryk.

Punte is afgetrek vir “foute” soos om te vroeg of te laat by ‘n baken verby te vlieg en ook as die vliegtuig nie op die gemerkte gebied neerstryk nie.

Die algehele wenners op 59 punte was JP Swart en Jan-Hendrik Jacobsz van Secunda in hul Cessna 182.

Tweede op 45 punte was Riaan Kampher en Hannes van Heerden, ook van Secunda, in ‘n Piper Cherokee 180 met Coetzee van der Merwe en Hannes Human van Ermelo op 45 punte in ‘n Cessna 182 in die derde plek.

Pieter Senekal en Deon von Wielligh van Ermelo was vierde in ‘n Beechcraft Bonanza A36 op 45 punte.

Naaste aan die streep met die landing was Nico Roodt van Ermelo in ‘n Beechcraft Bonanza V35B met JP Swart van Secunda in ‘n Cessna 182 tweede en Coetzee van der Merwe van Ermelo in sy Cessna 182 in die derde plek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button