Sport
Ermelo-karatekas verower brons by internasionale kompetisie in Mauritius
Twee jong karatekas van Ermelo het Suid-Afrika by die tweede IPC (Indo Pacific Cup) 2026-karatekompetisie in Mauritius verteenwoordig.
Twee jong karatekas van Ermelo het Suid-Afrika by die tweede IPC (Indo Pacific Cup) 2026-karatekompetisie in Mauritius verteenwoordig.
Amerieke Lategan en Alexis Maniram het van 22 tot 27 September meegeding.
Die internasionale kompetisie het karatekas van onder meer Rusland, die Tsjeggiese Republiek, Japan, Réunion, Madagaskar, Duitsland, Angola, Botswana, Kanada, Rodrigues, Mauritius en Suid-Afrika gelok.

Lategan het in die sewe- tot agtjarige Novice-afdeling aan die Kumite-item deelgeneem en ’n bronsmedalje verower.
Maniram het in die nege- tot tienjarige Novice-afdeling aan Kata deelgeneem en ook ’n derde plek behaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



