CrimeLocal newsNews

Ermelo K9-eenheid keer koperdiewe aan

Die koperdraad is vroeër by 'n plaaslike myn gesteel.

Die Ermelo-polisie se K9-eenheid, onder bevel van kapt. Ronnie Schilling en in samewerking met die K9-hoofkantoor het Saterdagoggend ‘n groot slag geslaan toe ‘n bende koperdiewe met 846kg koperdraad ter waarde van R400 000 in hul besit betrap is.

Agt verdagtes is in hegtenis geneem.

Polisiewoordvoerder op Ermelo, kapt. Carla Prinsloo, het gesê inligting wat ontvang is van myn-sekuriteit is opgevolg en die bende is Saterdagogend omstreeks 04:30 in twee afsonderlike voertuie op die hoek van Joubert- en Kerkstraat voorgekeer.

Die koperdraad is vroeër by ‘n plaaslike myn gesteel en is aan die eienaars terugbesorg.

Die verdagtes het Maandag in die hof op Ermelo verskyn.

In ‘n soortgelyke voorval is twee vermeende koperdiewe Sondagoggend by ‘n plaaslike myn in hegtenis geeneem.

Die twee was deel van ‘n groep van sewe verdagtes wat deur ‘n veiligheidswag betrap is terwyl hulle besig was om ‘n veiligheidshek van ‘n skag met ‘n boutsnyer oop te breek.

Die wag is met klippe bestook, maar hy het daarin geslaag om hulp te ontbied.

In die daaropvolgende skermutseling is skote gevuur en een van die wagte is in die rug gesteek.

Die verdagtes het op die vlug geslaan en deur ‘n ventilasieskag ontsnap. maar twee mense is aangekeer.

Koperdraad ter waarde van R100 000 is teruggevind.

IMGP3706IMGP3699

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button