CrimeNews

Inbrekers wond inwoner

'n 22-jarige man is deur inbrekers in die hand geskiet.

Inwoners van ‘n huis in Potgieterstraat het Vrydagoggend 4 September ‘n noue ontkoming beleef toe twee gewapende inbrekers op hulle geskiet het nadat hulle die booswigte omstreeks 03:00 in hul sitkamer betrap het.

Volgens die polisie se woordvoerder op Ermelo, kapt. Carla Prinsloo, het die huisbewoner en ‘n familievriend ondersoek ingestel nadat hul geluide in die huis gehoor het.

Die inwoners kon daarin slaag om skuiling in ‘n aangrensende kamer te vind toe daar op hulle geskiet is, maar ‘n 22-jarige man is in die hand getref.

Die rowers het op die vlug geslaan met juwele en twee selfone wat hulle buitgemaak het.

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button