Local newsUpdate

Een dood, vragmotorbestuurder beseer in N2-ongeluk buite Ermelo

Nooddienste is op die toneel van ’n noodlottige botsing tussen ’n vragmotor en ’n motorvoertuig op die N2 buite Ermelo.

OPVOLG: 12 Oktober – 17:55

ERMELO – Een persoon is dood en nog een beseer in die botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n sedan op die N2 buite Ermelo.

Volgens die jongste inligting van nooddienste is die bestuurder van die sedan op die toneel dood verklaar, terwyl die vragmotorbestuurder ligte beserings opgedoen het.

SIEN OOK: GALERY – Foto’s wys verwoesting ná noodlottige ongeluk op N2

Die opruimingswerk op die ongelukstoneel is steeds aan die gang.

Verkeer is intussen herstel, met ‘n stop-en-ry wat ingestel is om voertuie verby die ongelukstoneel te laat beweeg.


Voertuig brand uit ná noodlottige ongeluk op N2 buite Ermelo

12 October – 15:55

ERMELO – Nooddienste is tans op die toneel van ’n noodlottige ongeluk tussen ’n vragmotor en ’n voertuig tussen Camden-kragstasie en Indawo Game Lodge.

Die vragmotor wat in die ongeluk betrokke was. Foto | Wayne van der Walt

Die voertuig het ná die botsing aan die brand geslaan en uitgebrand. Die brand het ook na die veld langs die pad versprei, waar Working on Fire die vlamme geblus het.

Verskeie nood- en ondersteuningsdienste is op die toneel, waaronder die provinsiale ambulansdiens, Msukaligwa Fire & Rescue Services, Working on Fire, verkeersbeheer, Van Wettens en ETS Insleepdienste.

Nooddienste op die noodlottige ongeluk op die N2 buite Ermelo. Foto | Wayne van der Walt

Dit is nog nie duidelik hoeveel mense in die ongeluk dood is nie. Verdere besonderhede oor die omstandighede van die botsing en moontlike ander beserings is nog nie bekend nie.

Motoriste word versoek om bedag te wees op die verkeersophoping, met albei bane wat gesluit is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button