Hannes Naudé van Morgenzon het verlede week sy 314de eenheid bloed geskenk. Hy het in 1960 sy eerste eenheid geskenk toe hy uitgevind het sy vrou is swanger. Hannes staan hier by sr. Marion Louw van die Suid-Afrikaanse Bloedoortappingsdiens, Ermelo met sy versameling balkies en medaljes wat hy gedurende sy 55 jaar as skenker verwerf het.