CrimeNews

Man by huis doodgeskiet

Die slagoffer is deur 'n onbekende aanvaller of aanvallers ingewag en in die linkerbors geskiet.

‘n Man is Vrydagaand onder raaiselagtige omstandighede by sy huis in Rietlaan, Nederlandpark doodgeskiet.

Die polisiewoordvoerder op Ermelo, kapt. Carla Prinsloo, het gesê die motief vir die skietery is op dié tydstip nog onduidelik.

Na wat verneem word, het die man omstreeks 22:00 by sy huis aangekom en sy voertuig onder die motorafdak ingetrek.

Hy het na die agterdeur van die huis geloop, maar is deur ‘n onbekende aanvaller of aanvallers ingewag en in die linkerbors geskiet. Sy vrou wat tydens die voorval in die huis was, het die skote gehoor en hulp ontbied.

Toe die nooddienspersoneel op die toneel aangekom het, het die slagoffer reeds op die toneel beswyk.

Enigeen wat die polisie met inligting in verband met die skietvoorval behulpsaam kan wees, word gevra om a/o. AZ Phiri te skakel by 017 819 2321 of 017 373 8389.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button