Sport

Ermelo-stoeiers palm 9 medaljes tydens SA’s in Kaapstad

Stoeiers van die Ermelo Stoeiklub het Mpumalanga by die SA Stoeikampioenskap verteenwoordig en verskeie medaljes in hul onderskeie afdelings verower.

Stoeiers van die Ermelo Stoeiklub het Mpumalanga by die SA Stoeikampioenskap in Kaapstad verteenwoordig.

Die kampioenskap het op 2 en 3 Oktober plaasgevind, waartydens Ermelo se stoeiers in verskillende ouderdomsgroepe aan die kompetisie deelgeneem het.

Op die eerste dag het die Ermelo-stoeiers altesaam ses medaljes verower.

Luke Anderson en Zion Leonard het elk ’n goue medalje gewen, terwyl Phillip van Dijk ’n silwermedalje verower het.

Llewellyn Strydom, Wian van Zyl en Lohan van Niekerk het elk ’n bronsmedalje ingepalm.

Op die tweede dag het nog drie Ermelo-stoeiers medaljes verower.

Kyle Breytenbach, AJ van Niekerk en Phillip van Dijk het elk in hul onderskeie afdelings ’n bronsmedalje behaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button