
Mnr. E.S. Masuko, ‘n motorwag wat in Kerkstraat werk, is Sondagoggend deur ‘n man wat ‘n maroen Audi bestuur het, raakgery.
Volgens omstanders het die man met opset sy motor op mnr. Masuko afgestuur en in die proses ook ‘n geparkeerde voertuig beskadig.
Die man het glo van die toneel af probeer wegjaag en is volgens ooggetuies deur ander motorwagte agterna gesit.
Die wagte het hom glo uit sy voertuig geruk en volgens die omstanders hom met houe gepeper.
Die man het lank stil op die ryvlak gelê en is later per ambulans hospitaal toe geneem.
Mnr. Masuko is ook hospitaal toe geneem waar hy vir sy beserings behandel is.
‘n Saak van roekelose en nalatige bestuur is teen die bestuurder van die motor geopen.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Ridge Times and Standerton Advertiser.
For more news and interesting articles, like us on Facebook, follow us on Twitter or Instagram



