CrimeNews

Daggasmokkelaars vasgevat

Versteekte sakke vol gedroogde dagga is tussen die twee vragte steenkool gevind.

Daggasmokkelaars word al meer vindingryk in ‘n poging om die polisie by grensposte en padblokkades te probeer fnuik.

Nie net versteek die smokkelaars dagga en dwelms in vals kompartemente, deurpanele en paneelborde van hul voertuie nie, maar wakker polisiemanne het ook al dagga in pampoene by die grenspos opgespoor.

Verlede week het die polisie twee volgelaaide steenkoolvragmotors by die Nerston-grenspos voorgekeer en deursoek. Versteekte sakke vol gedroogde dagga is tussen die twee vragte steenkool van 40 000 ton gevind. Die steenkool is van die vragmotors afgelaai en nog sakke dagga is gevind.

Altesaam 410,2 kg dagga met ‘n straatwaarde van R615 300 is gevind. Beslag is op die dagga gelĂȘ, asook op die trokke met ‘n gesamentlike waarde van R1,6-miljoen.

Die twee bestuurders is in hegtenis geneem en het in die hof op Amsterdam verskyn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button