CrimeNews

Inbreker rand vrou aan in huis

Die man het geld geëis en die vrou na die slaaplamer gevolg waar sy 'n beursie aan hom oorhandig het.

‘n Inwoner van Petstraat in Ermelo is verlede Donderdag omstreeks 10:00 in haar huis deur ‘n inbreker verras en aangerand.

Polisiewoordvoerder vir Ermelo, kapt. Carla Prinsloo, het gesê die vrou was alleen tuis toe sy ‘n geluid by ‘n venster gehoor het.

Sy het gaan ondersoek instel en is deur ‘n onbekende man gekonfronteer. Die man het geld geëis en die vrou na die slaaplamer gevolg waar sy ‘n beursie aan hom oorhandig het.

Sy kon daarin slaag om ‘n .22-geweer op die inbreker te rig, maar hy het die vuurwapen afgeneem en haar daarmee aangerand.

Hy het gevlug toe die vrou skree en bure haar te hulp gesnel het. Hy is kort daarna in ‘n nabygeleë veld deur polisie en lede van veiligheidsgroepe aangekeer. n Skootrekenaar is teruggevind.

Mthokozisi Ndlangdlamandla (26) het Vrydag 17 Maart in die hof op Ermelo verskyn op aanklagte van huisbraak met opset om te roof en roof met verswarende omstandighede.

Die saak is uitgestel tot 23 Maart.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button