Soos dit in vandag se lewe gaan, is dit moeilik om werk te kry en om ‘n gebrek te hê, kan uitgebuit word.
Volgens me. Magda van Jaarsveld was haar seun Austovan (18), onlangs ‘n slagoffer.
Me. Van Jaarsveld het dit duidelik gemaak dat die betrokke onderneming geen kennis gedra het van die voorval nie en ook niks daarmee te doen gehad het nie.
Na Austovan se ongeskiktheidstoelaag gestop is, wou hy net iets doen om besig te bly en sy het op die sosiale netwerk, Facebook, gevra of daar nie dalk iemand was wat haar seun met werk kon help nie.
‘n Man het ‘n privaatboodskap op Facebook gestuur waarop aangedui is dat hy ‘n voorman is en dalk vir Austovan kon help.
Die swendelaar het aan me. Van Jaarsveld ‘n selfoonnommer verskaf en sy was onder die indruk dat sy met die bestuurder gesels.
Lees die volledige berig in die uitgawe van die Standerton Advertiser op bladsy 4 hier.



