
Kinross Polisie het bevestig dat mnr. Anton Smuts Saterdag, 19 Augustus vermoor is.
Hy is op sy plaas in die Kinross- en Lesliedistrik vermoor waarna sy liggaam agter die voorste sitplek van sy Club Cab-bakkie gelaai is.
Sy moordenaars het tot naby die Afghanistan-plakkerskamp gery en die bakkie in die veld geparkeer waar dit aan die brand gesteek is.
Een van die boere in die omgewing het omtreeks 7nm ondersoek gaan instel en op mnr. Smuts se verkoolde liggaam afgekom.
Die polisie het bevestig dat dit ’n plaaslike boer is en dat hulle die moord ondersoek.
Die familie is steeds erg getraumatiseerd en kon nie kommentaar lewer nie.
Mnr. Smuts se voorval was een van vyf plaasaanvalle waarvan daar vier moorde binne 24 uur was.
Die TLU het boere gewaarsku om sekuriteit op te skerp en ten alle tye paraat te wees.



