Die nuwe personeel wat by die Liggie personeelkorps aangesluit het staan (voor )Caroline de Wet (Engels), Mariza van Heerden (Wiskunde) en Eden Whalen (Lewensoriëntering). (agter) Marelize Delport (Fisiese Wetenskap), Gustav Pohl (Engels), Adriaan van Jaarsveld (Lewenswetenskap), Jacques Snyman (Tegnies) en Anike van der Merwe (Lewensoriëntering). Jacoline de Beer wat by die Boekwinkel aangesluit het was afwesig tydens die neem van die foto.
Ligbron Akademie vir Tegnologie het nege nuwe personeellede verwelkom.
Volgens die skool, sien hulle uit na ’n wonderlike jaar saam met elkeen en hulle wense is dat die onderwysers saam met hulle sal groei om leerders te help om hulle doelwitte te bereik.