NewsSchools

Ermelo Hoër Skool se wintersport-spanne toer

Al die toernooie by die Nedstar-hokkiekliniek is verdeel in twee dele: vaardigheidsontwikkelinge en taktiese spelpatrone. Wedstryde is middae en saans gespeel.

Verskeie wintersportspanne van Ermelo Hoërskool het die afgelope vakansie oefenkampe bygewoon en sporttoere meegemaak.

Die 0/14A en 0/15A-dogtershokkiespanne het aan ’n Nedstar Toernooi in Garsfontein deelgeneem en algeheel tweede geëindig.

Die 0/16A en tweede dogtershokkiespanne het die nuwe ontledingskamer ingewy en oefenwedstryde op die A-veld gespeel waarna hulle op 29 Maart na Sodwana vertrek het waar hulle spangees gebou en aan hul fiksheid gewerk het.

Die Calstar eerste hokkiespan het ’n kursus bygewoon en vyf wedstryde gespeel en was algeheel tweede.

Die eerste seunshokkiespan was saam met die dogters eerstespan in Garsfontein en het ook vyf wedstryde gespeel.

Lees ook: Erries gaan kyk Sound of Music by Monte Casino

Al die toernooie by die Nedstar-hokkiekliniek is verdeel in twee dele: vaardigheidsontwikkelinge en taktiese spelpatrone.

Wedstryde is middae en saans gespeel.

Craig Fulton, Ierland se mansafrigter, was een van die hoofafrigters.

Die 0/14A-rugbyspan het op Volksrust drie wedstryde gespeel waarvan hulle twee gewen het.

Die 0/16A-span het op EHS se terrein ’n oefenkamp gehad waar daar op oefening, spangees bou en dissipline gefokus is.

Hoërskool Ermelo Nashua Higveld eerste rugbyspan het na Parys getoer en het drie wedstryde gespeel en twee daarvan gewen.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button