Local newsNews

Mpumalanga Rooivleis Produsente Organisasie en Nasionale Wol Kwekers Vereniging hou gesamentlike Kongres in EHS Landbousaal

Die kongres-tema sal verder aangevul word met mnr. Ulrich Müller van Voermol die kongresgangers inlig oor die ekonomie van bees- en skaapvoerkrale

Mpumalanga Rooivleis Produsente Organisasie (RPO) en Nasionale Wol Kwekers Vereniging (NWKV) hou Dinsdag, 4 September om 8vm vir die eerste keer ‘n gesamentlike kongres in Ermelo Hoërskool se landbousaal.

Wol- en rooivleisprodusente in Mpumalanga word genooi om die geleentheid by te woon.

Die tema is die ekonomie van veeboerdery.

Prof. Anthoni van Nieuwkerk gaan die kongres inlig oor die effek van die politieke klimaat op die toekoms van landbou.

Hy beoog ook om perspektief te gee oor die kwessies van onteiening sonder vergoeding, waarna mnr. Bertus Burgers, die Voermol-beesboer van 2017, die produsente oor volhoubare bees- en hamelboerderypraktyke gaan inlig.

Mnr. Ulrich Müller, van Voermol, gaan oor die ekonomie van bees- en skaapvoerkrale praat.

Die kongres gaan met ‘n ete en gesellige samesyn afsluit.

Belangstellendes kan me. Heléne Beukes skakel by 082 475 6409 of mnr. Hennie Laas by 082 401 0868.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button