[EKSKLUSIEF AANLYN] – Hondekenner op Ermelo gee wenke om jouself te beskerm teen hondeaanval
Hoewel honde al baie kere vantevore as mens se beste vriend beskryf is, moet daar immers klem gelê word op die feit dat sekere situasies ’n aggresiewe reaksie in ’n hond kan ontlok.

Hoewel honde al baie kere vantevore as mens se beste vriend beskryf is, moet daar immers klem gelê word op die feit dat sekere situasies ’n aggresiewe reaksie in ’n hond kan ontlok.
’n Hondekenner op Ermelo het egter gesê: “n Hond sal nie net iemand aanval sonder enige rede nie.”
Sy het vanaf 2012 tot 2015 honde voltyds opgelei, en tot en met 2018 honde-eienaars touwys gemaak oor hoe om hul honde op te lei.
“Daar is baie redes waarom ’n hond iemand sal aanval: moontlik uit vrees, om hulle grondgebied te beskerm, siektes soos hondsdolheid, as hulle bedreig voel, indien die teef op hitte is, en die lys gaan aan.”
Hiermee die wenke wat sy gegee het vir wanneer ’n hond jou aanval:
* Bly so kalm as moontlik en moet glad nie skree nie.
* Moet nie jou rug op die hond draai om te probeer weghardloop nie.
* Probeer ten alle tye op jou voete bly en keer dat die hond jou nie grond toe druk nie.
* Indien jy wel op die grond beland en die hond reeds bo-op jou is, hou die spasie tussen jou en die hond so min as moontlik, om te verhoed dat die hond te veel vasbyt-plek kry.
* Druk jou voorarm na die hond om te keer dat hy nie by jou gesig uitkom nie.
* In alle gevalle, onthou om jou gesig, bors en keel te beskerm, hou ook jou hande in vuiste om jou vingers te beskerm.
* Vermy oogkontak met die hond, omdat ’n hond mense se oë as ’n bedreiging sal aanskou.
* Indien die hond jou na die grond toe afgedruk het, krul in die fetale-posisie en beskerm jou kop en nek met jou arms.
Tekens wat aandui dat ’n hond aggresief mag wees:
* Hond se hare rys.
* ‘n Hond wat agter ‘n heining is sal met mening na verbygangers storm.
* Hy sal uitdagend staan met sy stert tussen sy bene en sy ore platgetrek.
Meer wenke beskikbaar hier:



