Volgens ’n inwoner in die straat, het sy die rook opgemerk en vermoed dat dit ’n veld tussen twee huise is wat besig was om te brand.
By verdere ondersoek het sy die brandende kragboks gesien.
Msukaligwa Vuur en Reddingsdienste is ingeroep om die kragboks, wat tot teen die grond afgebrand het, te blus.
Dit is egter nie ’n ongewone gesig vir Ermeloërs om te aanskou nie, en sommige inwoners is van mening dat dit grootliks die nagevolge is van die gebrek aan instandhouding van die kragbokse op die dorp.
Lees die volledige berig in volgende week se Hoëvelder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



