RCH Ile de France Stoetery ryg pryse in by Royal Skou
Sy het tydens die skou skape, sowel as karkasse van lammers, ingeskryf vir beoordeling en dié stoetery se gehalte het nie teleurgestel nie.
Die RCH Ile de France Stoetery het tydens die Royal Skou pryse in verskeie afdelings ingepalm.
Dié skou het vanaf 25 tot 30 Mei in Pietermaritzburg plaasgevind.
Me. Regina Harmse wat op die plaas Uitgezocht naby Ermelo boer, se stoet is bekend vir die topgehalte vleisproduksie wat die boerdery oplewer.
Sy het tydens die skou skape, sowel as karkasse van lammers, ingeskryf vir beoordeling en dié stoetery se gehalte het nie teleurgestel nie.
Die ooie wat sy ingeskryf het, het aan haar die Senior Kampioen Ooi, Reserwe Senior Kampioen Ooi, asook die Groot Kampioen Ooipryse besorg.
In die ram-afdeling is sy as die Junior Kampioen Ram, Senior Kampioen Ram, Reserwe Senior Kampioen Ram, Groot Kampioen Ram en die Reserwe Groot Kampioen Ram bekroon.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



