Local newsNews

Martin Muller benodig hulp na hy in leë swembad val

Hy was besig om sonpanele op die dak skoon te maak, waarna die houtplanke waarop hy gestaan het, gebreek het.

Mnr. Martin Muller (62) het op 8 Augustus sowat 10 meter tot in ’n leë swembad geval en verskeie breuke opgedoen.

Hy was besig om sonpanele op die dak skoon te maak, waarna die houtplanke waarop hy gestaan het, gebreek het.

Sy seun, mnr. Martin Muller het sy pa om hulp gesnel en hom na Mediclinic Ermelo gehaas.

Me. Lorette Muller het vertel dat die dokters haar man om 9nm oorgeplaas het na Netcare Linmed Hospitaal in Benoni.

Die gesin beskik nie oor ’n mediese fonds nie, daarom is daar ’n trustfonds by PAS-prokureurs geopen om geld in te samel vir die operasies wat volg.

Die rekening word kosteloos deur die maatskappy behartig en alle donasies word aangewend vir die mediese uitgawes van mnr. Muller.

Die rekening waarin donasies gemaak kan word is:

Pieter Stoffberg Ingelyf Trust,
Trustrekening,
FNB,
Ermelo,
Rekeningnommer: 62092150326,
Takkode: 270344,
Verwysing: CJ Muller.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button