Local newsNews

Gemeenskap staan saam om dorp op te bou

Boere van die omgewing het trekkers en stootskrapers vir die dag se werk beskikbaar gestel.

Die gemeenskap van Amersfoort het op 11 September, na maande se fyn beplanning en borge soek, die strate ingevaar om nodige opknappingswerk op dié dorp aan te bring.

Vrywilligers het vroegoggend bymekaar gekom, waarna almal in groepe verdeel en ’n lys van take vir hul areas aan elke groep gegee is.

Boere van die omgewing het trekkers en stootskrapers vir die dag se werk beskikbaar gestel.

Een van die organiseerders het aan die Hoëvelder vertel, dat die inwoners van die dorp, almal gretig na dié dag uitgesien het.

Vir die organiseerders was dit belangrik om ook op langtermyn oplossings vir die netheid van die dorp te fokus.

Hulle het 160 asblikke op die dorp opgerig.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button