Ermelo Polisie het op 2 Oktober het twee voertuie, wat tydens ’n besigheidsrooftog in Machadodorp gesteel is, teruggevind.
Volgens kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder van Ermelo Polisie, het twee verdagtes die bestuurder van Bambanani Lodge op 1 Oktober, met ’n mes gedreig en aangerand.
Die verdagtes het met ’n Ford Ranger bakkie en ’n Toyota Fortuner gevlug, waarna die opsporingstoestelle in die voertuie geaktiveer is.
Die voertuie is agter ’n ou bus, langs die perseel van ’n insleepdiens in Ermelo gevind.
Lees die volledige berig oor die besigheid wat beroof is in die Hoëvelder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



