Monique Steyn tree tydens Hervormde Kerk se Kersangdiens op
Dié Kerssangdiens is 'n erediens in die vorm van Woord en lied, en het 'n gewilde geleentheid op die jaarlikse kalender van Ermelo geword.
Monique Steyn, een van Suid-Afrika se bekendste en gewildste vroue-stemme, gaan op 10 November deel wees van die Hervormde Kerk Ermelo se Kerssangdiens.
Dié Kerssangdiens is ‘n erediens in die vorm van Woord en lied, en het ‘n gewilde geleentheid op die jaarlikse kalender van Ermelo geword.
Die diens begin om 6.30nm by die Hervormde Kerk op die hoek van McDonald- en De Jagerstraat.
Me. Engela Franken, die gemeente-orrelis sal soos oudergewoonte sorg vir pragtige musiek.
Dr. Piet van Zyl van die Hervormde Kerk Ermelo, het gesê: “Kombineer mense wat wil sing oor Jesus se geboorte en uitstekende orrelspel met die stem van Monique Steyn en jy gaan hoendervleisoomblik op hoendervleisoomblik beleef.”



