Dié aksie vorm deel van ’n projek wat AfriForum aangepak het om soveel polisiestasies as moontlik in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga te besoek, om te verseker dat hulle in besit is van die riglyne wat die prosedure vir polisiehantering van grondgrype duidelik uiteensit.
AfriForum het die polisiestasies in Barberton, Bethal, Breyten, Carolina, Charl Cilliers, Davel, Delmas, Dullstroom, Eloff, Embalenhle, Emzinoni, Ermelo, Hendrina, Kriel, Leandra, Lydenburg, Machadodorp, Middelburg, Morgenzon, Nelspruit, Piet Retief, Secunda, Standerton, Trichardt, en Witrivier besoek.
Volgens AfriForum het grondgrype in die noordstreek sedert die begin van 2019 toegeneem, met ongeveer 45 gevalle in Gauteng, vyf in Limpopo en nege in Mpumalanga.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



