Local newsNews

Hoëvelder Koerant raap pryse by 36ste Oscar Frewin Awards op

Die Oscar Frewin Awards word jaarliks aangebied en die Hoëvelder ding teen koerante van Standerton, Middelburg, Witbank, Delmas, Bronkhorstspruit Secunda en Groblersdal, mee.

’n Span vol narre, kulkunstenare, sigeuners en ringmeesters is op 7 November onderweg gewees na die Olifants River Lodge buite Middelburg vir die 36ste Oscar Frewin Awards.

Die Oscar Frewin Awards word jaarliks aangebied en die Hoëvelder ding teen koerante van Standerton, Middelburg, Witbank, Delmas, Bronkhorstspruit Secunda en Groblersdal, mee.

Die Hoëvelder-span het gepas vir dié sirkus-geïnspireerde-aand aangetrek en selfs verskeie toekennings opgeraap.

Hoëvelder Redakteur, Wayne van der Walt, het die Oscar Frewin Trofee vir Fotograaf van die Jaar ontvang, Sportfoto van die Jaar, ’n spesiale toekenning van beoordeellaar, Peter Morey, vir deurlopend konsekwente foto’s van uitstekende gehalte, ’n derde plek vir Nuusfoto van die Jaar en ’n derde plek vir Voorblad van die Jaar.

Mnr. Wayne van der Walt (Hoëvelder redakteur) se foto “Don’t Blink” is tydens die Oscar Frewin Awards as Sportfoto van die Jaar aangewys.

Hoëvelder joernalis, René Joubert, het ook beïndruk met ’n tweedeplek vir Opkomende Joernalis van die Jaar, ’n derdeplek vir haar skrywe in die Menslike Nuus-afdeling asook ’n benaming in die Sportfoto van die Jaar-afdeling.

Me. René Joubert (Hoëvelder joernalis) se foto “Simetries Identies” het ’n benaming by vanjaar se Oscar Frewin Awards in die Sportfoto van die Jaar-afdeling gekry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button