Local newsNews

Sunél Swart laat haar nie deur diabetes onderkry nie

Sy is deur dr. Fareed Dindar gediagnoseer en hy het haar en haar ouers voorberei en ingelig oor alle veranderinge wat vir haar voorlê.

Me. Sunél Swart is op die ouderdom van 15 jaar met tipe 1-diabetes gediagnoseer.

Dié diagnose het eers nie veel vir haar beteken nie, omdat sy geen kennis daarvan gedra het nie.

“As kind het mens gehoor van suikersiekte en ek het eers gedink dit beteken dat mens allergies is vir suiker, min het ek geweet dat alles wat in my mond ingaan ’n uitwerking op my gesondheid sal hê.”

Sy is deur dr. Fareed Dindar gediagnoseer en hy het haar en haar ouers voorberei en ingelig oor alle veranderinge wat vir haar voorlê.

LEES OOK: Lloyd en Jansen personeel op Ermelo trek blou aan vir Wêreld Diabetes Dag

Ná haar diagnose is daar vasgestel dat sy geelsug gehad het, wat haar pankreas aangetas het en daartoe gelei het dat dit geen insulien produseer nie.

Sy moes aanleer om haarself in te spuit en haar suiker gereeld te toets.

“My ouers het alles in hulle vermoë gedoen om my lewe vir my so normaal as moontlik te hou, maar as ’n diabeet het ek gedink dat ek anders is, en het dus minderwaardig gevoel.”

Me. Swart moet vóór elke ete haar bloedglukose-vlakke (BG) toets om sodoende die hoeveelheid insulien sy moet spuit vir dit wat sy gaan eet, te bepaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button