Local newsNews
AfriForum se Ermelo-tak verf padtekens by laerskool
Dié tak het van die padtekens en randstene wat nie geverf was nie of nie meer duidelik sigbaar was nie, geverf om die leerders se veiligheid te verseker.
AfriForum se Ermelo-tak het op 30 November verskeie padtekens by Laerskool JJ van der Merwe geverf as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog.
Dié tak het van die padtekens en randstene wat nie geverf was nie of nie meer duidelik sigbaar was nie, geverf om die leerders se veiligheid te verseker.
Mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, het gesê: “Dit is vir ons wonderlik en dit lê ons baie na aan die hart om by skole betrokke te raak en om te help waar ons kan om vir ons kinders ’n veiliger skoolomgewing te skep.”
Mnr. Renier van Heerden, voorsitter van AfriForum se Ermelo-tak het vertel dat hulle besluit het om dié projek aan te pak omdat hulle glo dat dit tot ’n beter gemeenskap kan bydra.
Die tak nooi sakelui, gemeenskapslede en skole uit om by dié projek betrokke te raak om Ermelo ’n veiliger dorp te maak.
Vir meer inligting stuur ’n e-pos na bronwen.pretorius@afriforum.co.za.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



