Nkosinathi Sibande (20) en Sibusiso Langa (22) wat tereggestaan het op die moord van me. Hantie van der Vyfer, is op 5 Desember in Breyten Hooggeregshof swaar gevonnis.
Me. van der Vyfer (72) is op 26 Februarie 2018 op haar plaas, Welgelegen, in Chrissiesmeer vermoor.
Die Hoëvelder het op 9 Maart 2018, Saggeaarde Hantie in plaashuis vermoor, berig dat die plaaslike plaaswag ondersoek ingestel het nadat sy nie op ’n radiotoets geantwoord het nie, sy is later dood in haar huis aangetref.
Haar bakkie, selfoon en verskeie elektroniese toerusting is gebuit en die bakkie is later in die Tjakastad-omgewing gevind.
’n Inhegtenisname is op 14 Junie 2018, in Uitbreiding 4 in Elukwatini, op die twee verdagtes uitgevoer, nadat hulle met items wat van die plaas gesteel is, in hul besit opgemerk is.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



