Local newsNews

Ermelo Fotoklub spog met lede se foto’s

Klubfotografie bied die geleentheid aan beginnerfotograwe om by ander te leer en hul tegniek so te verbeter.

Ermelo Fotoklub het op 17 Januarie die jaar met pragtige foto’s van hul lede afgeskop.

Die klub het ook die voorreg gehad om mnr. Peter Cavanagh van Middelburg, as gasspreker te verwelkom.

Een van die boodskappe wat hy oorgedra het was dat fotograwe nie net moet foto’s neem om met ander mee te ding nie.

“’n Fotograaf moet dit geniet om foto’s te neem en moet eintlik net met homself meeding.”

Klubfotografie bied die geleentheid aan beginnerfotograwe om by ander te leer en hul tegniek daardeur te verbeter.

LEES OOK: Ermelo Fotoklub sluit die jaar af met besondere foto’s

Lede van Ermelo Fotokub kry maandeliks die geleentheid om drie foto’s in die ope-afdeling en een foto in die vasgestelde onderwerp-afdeling in te skryf.

Dié foto’s word dan deur die gassprekers beoordeel en raad om te verbeter word aan die fotograwe gegee.

Die vasgestelde onderwerp vir vandeesmaand was “skoene”.

Mnr. Jacques Kruger het die junior-afdeling met sy foto “Merrell” gewen en mnr. Andrew Roos se foto “Op haar tone” het die seniorafdeling gewen.

Die klub se volgende byeenkoms sal op 7 Februarie om 7nm by N.G. Kerk de Bruik Park aangebied word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button