Local newsNews

EHS-Dorpies hou ‘n suksesvolle “Braai-off” by Kralinbergh

Kreatiwiteit en spanwerk het gesorg vir groot opwinding en die het hulle hande vol gehad om ’n wenner aan te wys.

Hoërskool Ermelo se Dorpsdirigente het onlangs hul jaarlikse “Braai-Off”-geldinsamelingsfunksie by Kralinbergh Gastehuis aangebied.

Dié jaar se “Braai-off” was daar ’n kinkel in die kabel.

Die inhoud van die bestandelehouers was ’n verrassing gewees.

Braaiers moes ’n hoofgereg met die bestandele in slegs ’n uur voorsit.

LEES OOK: VLU Talento Mulher-tak geniet eerste vergadering

Spanne het ’n halfuur gekry om die houers uit te pak en hul disse te beplan.

Kreatiwiteit en spanwerk het gesorg vir groot opwinding en die beoordelaars het hulle hande vol gehad om ’n wenner aan te wys.

Die gr.10-span wat uit mnre. Sakkie Kotze en Morné Ferreira bestaan het, is as die wenners aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button