Ermelo fotograwe wys beste fotos vir Februarie aan
Mnr. Andrew Roos se foto “Shattered remains” het die 4-ster afdeling gewen en me. Rosa van Schalkwyk se foto “Klaar gedrink” is as die 5-ster wenner en algemene senior wenner aangewys.
Die beplande kragonderbrekings op 7 Februarie het die lede van Ermelo Fotoklub nie afgeskrik nie en hul maandelikse byeenkoms het voortgegaan soos normaal.
Die klub het ook tydens dié byeenkoms hul jaarvergadering gehou, waartydens daar besluit is dat die bestuur van die klub onveranderd sal bly.
Senior fotograwe het die lede se foto’s beoordeel en me. Ashley Teixera se foto “Bouquet”, is aangewys as die 1-ster wenner.
Me. Elzaan Myburgh se foto “Close-up”, is as die 2-ster wenner en ook as die algemene junior wenner aangewys.
In die 3-ster afdeling is mnr. Jacques Kruger se foto “By”, as die wenner aangewys.
Mnr. Andrew Roos se foto “Shattered remains”, het die 4-ster afdeling gewen en me. Rosa van Schalkwyk se foto “Klaar gedrink” is as die 5-ster wenner en algemene senior wenner aangewys.
Die klub se volgende byeenkoms sal op 6 Maart plaasvind.
Vir enige navrae en inligting, kan ‘n e-pos gestuur word na ermelofotoklub18@gmail.com.
Lees die volledige berig met al die wenners in die Hoëvelder.



