Local newsNews

Mpumalanga Toerisme en Parkeraad waarsku inwoners oor slange

Slange is geneig om hulself tussen rommel weg te steek en mnr. Coetser het mense gewaarsku om hul erwe skoon te hou om sodoende slange te voorkom.

Dis weer daardie tyd van die jaar, waar slange hul verskyning op die mees ongewenste plekke maak.

Mr Johan Coetser, van Mpumalanga Toerisme en Parkeraad (MTPR) het inwoners gemaan om bedag te wees op slange wat opsoek is na kos.

“Met die somer in volle swang en stygende temperature word al hoe meer slange in woonbuurte gevind.”

Hy het verduidelik dat die slange na gebiede beweeg waar kos voorkom, en dat hulle hulself nou vir hibernasie voorberei.

Slange is geneig om hulself tussen rommel weg te steek en mnr. Coetser het mense gewaarsku om hul erwe skoon te hou om sodoende slange te voorkom.

Bourommel, ashope en tuinrommel lok knaagdiere wat weer slange lok.

Inwoners word gewaarsku om nie paniekerig te raak wanneer hulle ’n slang in hul erf opmerk nie, maar om eerder kalm te bly en kinders en troeteldiere uit hierdie omgewing te verwyder.

Sou jy op ’n slang afkom, gee dit genoeg spasie om te beweeg. Die slang sal jou nie sommer aanval nie, maar eerder wegseil.

Mr Coetser het inwoners ook aangemoedig om nie te poog om ’n slang dood te maak nie, maar dit eerder van ’n veilige afstand dop te hou en hulp in te roep.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button