Local newsNews

VLU-lede vier Valentynsdag op Ermelo

Na afloop van die vergadering het die vroue heerlik saam gekuier en aan smullekker versnapperings gepeusel.

Die vroue van die Vroue Landbou-unie se Robyn tak was op 11 Februarie vrolik in rooi geklee om Valentynsdag tydens hul maandelikse vergadering, te vier.

Me. Lenie Groenewald, voorsitter van die tak, het vertel dat hulle tydens die vergadering die rekonstruksie van die bestuur bespreek het.

Met die nuwe bestuur staan me. Groenewald aan stuur van sake as voorsitter met me. Susan van Wyk as visi-voorsitter.

Me. Helena de Lange is die skakelbeampte, me. Elize Broers is die tak se sekretaresse en me. Carol Mouton sal die take van die tesourier aanpak.

Na afloop van die vergadering het die vroue heerlik saam gekuier en aan smullekker versnapperings gepeusel.

Enige iemand wat by die tak wil aansluit kan me. Groenewald skakel by 073 254 5467.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button