SAVF-tehuis op Ermelo bedank inwoners wat harte en beursies oopmaak
Ermelo Vryburgers het met die aankondiging van die 21-dae afsonderingsperiode, werk gemaak daarvan om vir die tehuis kruideniersware en ander benodighede te skenk.
Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF)-tehuis het onlangs op sosiale media om hulp gevra vir volwasse doeke en was oorval met hulp van die gemeenskap.
Me. Annelize Mare, SAVF-tehuis bestuurder, het mnre. Jovan Nel van JJ Car Keys & Diagnostics, Jp de Kock van Elite Motors, Jp de Villiers van Tel a Car en Jaco Brits wat dadelik ingespring het om hulle te help, bedank.
Sy het gesê: “As dit moontlik was sou elke inwoner vir julle ’n druk gegee het uit dankbaarheid.”
Ermelo Vryburgers het met die aankondiging van die 21-dae afsonderingsperiode, werk gemaak daarvan om vir die tehuis kruideniersware en ander benodighede te skenk.
Hulle het onder andere ook room, seep, koeldrank, koekies en medikasie by die tehuis afgelewer.
“Dankie dat julle altyd ’n oop hand het vir ons bejaarde mense.”