Local newsNews

Ermeloërs word uitgedaag om reënboogplakate vir hoop te maak

“Die vertoning van die plakate dien as ’n boodskap van hoop in die tydperk waar soveel mense regoor die wêreld deur die Covid-19 virus geraak word.”

Me. Tanya Jansen van Vuuren het onlangs die inisiatief, waar inwoners plakate van reënboë maak en in hul venster vertoon, in Ermelo geloods.

Sy het vertel dat haar man in Amerika werk en sy het die inisiatief op een van die Amerikaanse Facebookblaaie gesien.

Sy het dit goed gedink om Ermeloërs ook uit te daag om dieselfde te doen.

“Die vertoning van dié plakate dien as ’n boodskap van hoop in die tydperk waar soveel mense regoor die wêreld deur die Covid-19 virus geraak word.”

In die boodskap wat sy op haar Facebookblad geplaas het, verduidelik dit dat die inisiatief kinders leer om in ’n tyd waar almal onseker is oor wat nog gaan kom, geloof bo vrees te kies.

Ava Sonnekus spog met haar reënboog-plakaat. (Foto: Verskaf)

Sy het alle Ermeloërs uitgedaag om die projek aan te pak en Ermelo vol reënboë van hoop te maak.

Talle mense het al die uitdaging aanvaar en het hul plakate op sosiale media gedeel.

Siende daar verskeie ouers is wat ook in die tyd wonder waarmee hul die jong klomp mee kan besig hou, is dié die antwoord.

Deel gerus ’n foto van jou gesin se plakaat van hoop in die kommentaar onder die berig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button