Evangelis Joseph de Witt bemoedig Ermeloërs gedurende afsonderingsperiode
Hy het ’n stoomlokomotief gebou, vanwaar hy die Woord van God verkondig het en nooi mense wat in die preek belangstel om hom te skakel.
Mnr. Joseph de Witt het in 1994 sy lewe aan die Here oorgegee, en verkondig serdertdien die Woord van God aan enige iemand wat luister.
Hy is oorspronklik van Namibië, waar hy op ’n bosveldplaas tussen Okahandja en Gobabis groot geword het.
Gedurende die 1980’s moes sy familie noodgedwonge hul plaas opgee weens militêre bedrywinghede en hulle het na Ermelo verhuis.
Hier het hy sy matriekjaar by Ligbron Akademie vir Tegnologie voltooi.
Volgens hom is hy na 18 jaar se diens by Spoornet, deur die Here geroep as evangelis.
“Ek het my werk as treindrywer bedank, en met die ondersteuning van my wonderlike vrou die roeping as evangelis begin.”
Op die ouderdom van 34 jaar het hy besef dat daar ’n ewige lewe wag vir dié wat in Jesus glo, en verdoemenis die wat Hom nie ken nie.

“Ek het gebid soos Jesaja en vir God gevra om my uit te stuur na dié wat dit nodig het.”
Mnr. de Witt het ook al in Swaziland en Mosambiek gepreek en die mense met die Woord van God en die Jesus-film bedien en beplan ook ’n besoek aan Namibië.
Hy het ’n stoomlokomotief gebou, vanwaar hy die Woord van God verkondig het en nooi mense wat in die preek belangstel om hom te skakel.
Met die afsonderingstydeperk wat onlangs verlengs is na einde April het mnr. de Witt, Ermeloërs aangemoedig om op die positiewe te fokus.
“Die realitieit van dié pandemie mag ons dalk geskok het, maar laat dit elkeen van ons aanmoedig om ons geloof en vertroue in die Here te versterk.”
Hy het Ermeloërs aangemoedig om in die afsonderingstyd vas te hou aan die Here en om te bid sonder ophou.
“Bid dat mense in dié tyd in Ermelo, maar ook reg oor die wêreld hul uitkoms in God vind, Hy bly in beheer.”
Hy het almal uitgenooi om na geestelike verrykende boodskappe op die Evangeliese Gereformeerde Kerk Ermelo se Facebook-blad te luister.
Inwoners kan mnr. de Wit skakel by 079 516 8697.



