Local newsNews

BRIEF: Ligbron hoofdogter 2019 bemoedig matriekleerders

Moenie dat ’n virus wat mikroskopies klein is ’n groot impak op die res van jou lewe hê nie.

Liewe matrikulant,

2020 is ’n jaar soos nog nooit vantevore nie, dit is duidelik deur jy wat jouself voor ’n rekenaarskerm bevind eerder as in ’n klaskamer.

In dié uitdagende tyd staan jy voor ’n keuse.

Jy kan of die situasie as ’n geleentheid sien om resultate te bereik waarvan ’n mens net kan droom, of jy kan dit as ’n verskoning gebruik.

Dié tyd is van kardinale belang vir jou eindresultate.

Carpe diem! Pak die geleentheid aan om jou akademiese resultate radikaal te verbeter.

Die gesegde lui: ‘Leer terwyl ander slaap. Werk terwyl ander slaplê. Berei voor terwyl ander speel. Jy sal dan die lewe leef waaroor ander net kan droom.

Dié is ’n goue geleentheid om die beste eindpunte te behaal.

Gryp dit met albei hande aan (nadat jy jou hande gewas het, natuurlik).

Sukses lê in jou gewoontes. Werk elke dag en jy sal verbaas staan oor wat jy alles kan bereik.

Jy kán van die jaar ’n sukses maak – jy moet net opstaan en dit ’n realiteit maak.

Ek sal aanbeveel dat jy ook wel tyd afstaan aan iets wat jy geniet.

Moenie dat ’n virus wat mikroskopies klein is ’n groot impak op die res van jou lewe hê nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button