Local newsNews

Ermelo boere bekommerd oor daling van vleispryse tydens inperking

Boere oor die algemeen het gemengde gevoelens oor die inperking, party is van mening dat dit ’n goeie idee was, sodoende beperk dit die effek wat die pandemie sou hê,  maar daarenteen voel ander dat strenger voorsorgmaatreëls ’n beter opsie sou wees.

Weens die nasionale inperking om die verspreiding van die Covid-19 virus te bekamp, Ermelo-boere bekommerd oor die daling van vleispryse.

Volgens mnr. Janneman Robberts, een van die boere in die Ermelo-omgewing, het die ekonomiese druk op boere geweldig verhoog, met speenkalfpryse wat onderdruk is weens aanbod aanvraag wat gedaal het, met restuarante wat gesluit is.

Mnr. Wikus Botha het bygevoeg dat meeste boere nou voor die winter hul kalwers speen om hul koeie te spaar.

“Ons wil eintlik die kalwers verkoop om nie die kalwers ook deur die winter te dra nie, maar met die pryse wat nou so af is, staan boere voor ’n moeilike keuse.”

Mnr. Robberts het ook vertel dat die wolmark op merinos gedaal het, omrede daar nie veilings was nie asook wol wat nie verskeep kon word nie weens die hawens wat gesluit is.

Dit het op sy beurt die boere se kontantvloei onderdruk geplaas.

Die rand wat verswak teen die dollar het die mielieprys positief beïnvloed, maar met die land wat ’n rommelstatus toegeken is, het dit die boere se insetkostes, wat kunsmis, diesel en medisyne onder andere insluit, verhoog.

Boere oor die algemeen het gemengde gevoelens oor die inperking, party is van mening dat dit ’n goeie idee was, sodoende beperk dit die effek wat die pandemie sou hê,  maar daarenteen voel ander dat strenger voorsorgmaatreëls ’n beter opsie sou wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button