Local newsNews

Marietjie getuig van die Here se guns in haar stryd teen kanker

Sy is eers met ’n fase 0-kanker gediagnoseer, wat beteken dat die kanker geïsoleer is en nie verder kon versprei nie.

ERMELO – Soos me. Marietjie Beyer vandag terugkyk na die pad wat sy moes stap na sy in 2016 vir die eerste keer met borskanker gediagnoseer is, getuig sy van die Here se goedheid en guns wat altyd by haar was.

Me. Beyer het vertel dat kanker algemeen in haar familie is en dat haar suster op die ouderdom van 42 aan borskanker oorlede is.

Ook haar ouma en ma het albei kanker gehad.

Ná haar suster se afsterwe het sy elke maand sekergemaak dat sy selfondersoeke doen, om te voel vir enige knoppe wat dalk in haar borste kon voorkom.

Sy het ook Januarie uitgesonder as haar “mammogram-maand”, om jaarlikse vir dié ondersoek te gaan.

In Januarie die jaar wat sy 42 geword het, was daar egter net nie vir haar tyd om vir haar jaarlikse skandering te gaan nie.

Sowat vyf maande later, in Junie 2016, het sy vir die eerste keer knoppe in haar borste gevoel.

“Ek was onseker oor wat dit kon wees, maar het dit vir sowat drie maande dopgehou,” het me. Beyer vertel.

Op die stadium was haar lewe baie besig; sy het BCom studeer en was ook besig met haar klerkskap, haar man was besig met sy MBA-graad en haar drie kinders het verskeie aktiwiteite by die skool gehad.

Me. Beyer het op 7 September vir ’n biopsie gegaan, en haar afspraak vir ‘n doktersbesoek om haar uitslae te kry was sowat drie weke daarna.

Sy het vertel dat sy oor die algemeen ’n baie gespanne mens is, maar dat selfs haar man nie kon glo hoe rustig sy was nie.

Gedurende hul reis na die dokters om haar uitslae op 27 September te kry, het sy gebid en die Here gevra om haar net ‘n bietjie meer tyd in haar besige skedule te gee.

“Ek was besig met eksamens en moes die dag na my doktersafspraak ’n vak skryf, en nóg twee vakke het ook in die week wat gevolg het, voorgelê.

“Terwyl ons gery het, het ek boodskappe ontvang dat twee van die vakke na latere datums geskuif is, en ek het geweet die Here het my gebede verhoor.”

Sy is eers met ’n fase 0-kanker gediagnoseer, wat beteken dat die kanker geïsoleer is en nie verder kon versprei nie.

Lees hoe me. Beyer vir ’n tweede keer met kanker gediagnoseer is in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button