CrimeNews

AfriForum se Ermelo-buurtwag patrolleer om Ermelo-strate te beveilig

ERMELO – AfriForum se Ermelo-buurtwag het op 8 Oktober ’n patrollie geloods om te help om die dorp te beveilig. Buiten die normale taak van buurtwaglede om woonbuurte te beveilig, is daar ook spesiale aandag geskenk om te help om die gebiede rondom substasies en ander kraginfrastruktuur te beveilig. Van dié infrastruktuur rondom substasies is

ERMELO – AfriForum se Ermelo-buurtwag het op 8 Oktober ’n patrollie geloods om te help om die dorp te beveilig.

Buiten die normale taak van buurtwaglede om woonbuurte te beveilig, is daar ook spesiale aandag geskenk om te help om die gebiede rondom substasies en ander kraginfrastruktuur te beveilig.

Van dié infrastruktuur rondom substasies is die afgelope tyd deur vandale geteiken wat die eiendom beskadig het in pogings om koper te steel.

Volgens mnr. Frikkie du Plessis, ‘n lid van die buurtwag, is daar ook op een plek oopgemaakte kabels gevind, en die koper was reeds verwyder.

“Aksies soos hierdie sal al hoe meer deur gemeenskapslede gedoen moet word, aangesien die stryd teen misdaad al hoe erger raak en die polisie net nie kan byhou nie,” het mnr. Du Plessis gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button