ERMELO – Laerskool JJ van der Merwe se gr. 7-leerders het ‘n herwinningsprojek vir die vak tegnologie geloods om ‘n verskil in hulle omgewing te maak.
Gedurende die derde kwartaal het die leerders verskeie herwinbare goedere ingesamel.
SIEN OOK: GALERY – JJ van der Merwe-leerders hou die omgewing ‘groen’
Die onderskeie klasse het die volgende ingesamel:
- Gr. 7 Jf-klas: blikkies
- Gr. 7 Dt-klas: papier en karton
- Gr. 7 Ve-klas: glas
- Gr. 7 Ja-klas: karton
- Gr. 7 Ro-klas: blikkies
- Gr. 7 Mi-klas: plastiek.
Elke klas het ‘n massiewe herwinnings-opbrengs gelewer wat beslis ‘n verskil sal maak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



