Local newsNews

Ermelo Fotoklub kondig November-wenners aan

NG Kerk Debruinpark bymekaargekom, en hulle inskrywings is deur mnr. Peter Cavanagh van Midlens Fotoklub beoordeel.

ERMELO – Ermelo Fotoklub het op 12 November sy wenners vir die maand aangekondig.

Die klublede het om 19:00 by die NG Kerk Debruinpark bymekaargekom, en hulle inskrywings is deur mnr. Peter Cavanagh van Midlens Fotoklub beoordeel.

Die vasgestelde onderwerp vir die maand was “groente”, en die lede het almal kreatiewe foto’s ingeskryf.

Me. Adele Smit se foto, “Smoking Hot”, was die juniorafdeling se wenner en mnr. Andrew Roos se “Veggie Splash” die seniors s’n.

Die klub nooi alle belanghebbendes om aan te sluit.

Die laaste byeenkoms van die jaar is op 3 Desember.

Vir verdere navrae kan ‘n e-pos na ermelofotoklub18@gmail.com gestuur word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button