CrimeNews

Wagte met skoenveters vasgebind in Ermelo

Kapt. Carla Prinsloo het bevestig dat die waarde van die transformators sowat R6 miljoen is.

ERMELO – Lede van Spartan Training & Security het op 10 November sowat ses transformators teruggekry nadat dit by die Msukaligwa Plaaslike Owerheid se stoorplek in Beyerstraat gesteel is.

Volgens mnr. Jaco Kirk van Spartan Training & Security het van sy wagte wat by ‘n perseel daar naby aan diens was, op tweerigtingradio’s ingeroep dat hulle vermoed daar ‘n probleem by die stoor was.

Met hulle aankoms het hulle twee wagte vasgebind met skoenveters in die waghuis gevind.

Mnr. Kirk sê dat hulle oliemerke op die pad opgemerk het, en dit gevolg het tot waar dit op die Hendrina-pad gelei het.

Daarvandaan het hulle die oliemerke na die Van Dyksdrift-pad tot in eMalahleni (Witbank) na ‘n skrootwerf gevolg.

Van die transformators wat deur Spartan Training & Security teruggevind is. (Foto: Verskaf)

Die Spartan-lede het ‘n vragmotor by die perseel met die gesteelde transformators gevind.

Volgens mnr. Kirk het hulle een van die verdagtes op die toneel vasgetrek.

Kapt. Carla Prinsloo, die woordvoeder van die Ermelo-polisie, het bevestig dat die waarde van die transformators sowat R6 miljoen is.

Sy sê dat een persoon op 15 November in die hof verskyn het, waarna die saak na 22 November uitgestel is.

Hoëvelder sal sy lesers op hoogte hou sodra meer inligting beskikbaar is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button