Local newsNews

Ermelo-fotograwe fokus op natuurlike vorms

Me. Pikkie de Villiers het die juniorafdeling met haar foto, 'Underwater Patterns', gewen, en mnr. Jacques Kruger se 'Fibonacci' het die seniorafdeling gewen.

ERMELO – Die Ermelo Fotoklub se lede het op 14 Januarie hul eerste byeenkoms vir die jaar aangebied.

Die klub bied aan beginnerfotograwe die geleentheid om by ander te leer en hul vaardighede op te skerp.

Maandeliks kry fotograwe die kans om drie foto’s in die opeafdeling en een foto in die afdeling vir vasgestelde onderwerpe in te skryf.

Die vasgestelde onderwerp vir vandeesmaand was “natuurlike vorms”.

Fotograwe moes in die natuur na die perfekte foto’s gaan soek.

Me. Pikkie de Villiers het die juniorafdeling met haar foto, “Underwater Patterns”, gewen, en mnr. Jacques Kruger se “Fibonacci” het die seniorafdeling gewen.

Vir enige navrae en inligting oor Ermelo Fotoklub, kan ‘n e-pos na ermelofotoklub18@gmail.com gestuur word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button