CrimeNews

Man, vrou en kinders van Ermelo deur gewapende mans aangehou en vermoedelik gemartel

Volgens me. René Joubert, Hoëvelder joernalis wat tans op die toneel is, is inligting tans vaag, maar na bewering het die mans geld geëis en is die man glo in aanskou van sy vrou en kinders met ’n strykyster gebrand.

ERMELO – ’n Man was vanoggend omstreeks 7:15 deur drie gewapende booswigte oorval, aangehou en na bewering gemartel in Generaal Bothastraat.

Na wat verneem word het die insident plaasgevind net nadat die man die hek oopgemaak het om sy kleinkinders skooltoe te neem.

Die mans het hom oorrompel en hom asook die kinders in die huis geneem waar hul aangehou is.

Die mans het die huis geplunder, vermoedelik op soek na geld.

Volgens me. René Joubert, Hoëvelder-joernalis wat tans op die toneel is, is inligting vaag, maar na bewering het die mans geld geëis en is die man in aanskou van sy familie met ’n strykyster gebrand.

Die huis is geplunder in die mans se soektog na geld, maar volgens beskikbare inligting, is slegs elektriese toebehore, ’n kamera, skootrekenaar en selfoon gesteel.

Die polisie asook ACSU is op die toneel.

Inwoners sal op hoogte gehou word, sodra meer inligting versamel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button